By Sangoma Safaris op die walle van die Matlabasrivier naby Steenbokpan in die Limpopo-provinsie word met topgehalte spesies geteël, onder meer buffels met Uganda-(Oos-Afrika) gene, bastergemsbokke met ’n 33⅛"-bul, Zambiese swartwitpense met ’n 50"-bul, asook goue gemsbokke, goue wildebeeste, swart rooibokke, njalas en krokodille. Met uitsonderlike bloedlyne soos hierdie is voornemende kopers verseker van top-genetika.
Op die 6 000 hektaar grond, met plantegroei wat wissel van groot kameeldoring- en maroela-bome tot rivieroewerbos, is die fokus op die ekstensiewe jag van suidelike eland, suidelike groter koedoe, Limpopo-bosbok, blouwildebees, waterbok, Burchell se sebra, gemsbok, kameelperd, rooibok, rooi hartebees, gewone en geel blesbokke. Tans is daar 'n totaal van 35 boogjagskuilings, insluitend grond- en boomskuilings.
Martin Schoeman van Sangoma Safaris is aangewys as die ‘2017 WRSA Wildlife Rancher of the Year southern Africa’-wenner…