AGTERGROND
Die woord ‘wild’ in wildbedryf of wildlewe is vir ons sinoniem met bewaring, volhoubaarheid, biodiversiteit en herlewingsboerdery. Só gesels Johan Bouwer, uitvoerende bestuurder van Johann Rupert se boerdery naby Graaff-Reinet in die Oos-Kaap Karoo. Johann en Gaynor Rupert se spore lê diep gewortel in Suid-Afrika se natuur-, kultuur- en erfenisbewaring en deur hul vele hulporganisasies, maar hier op die plaas is waar ons dit self kan uitleef. En waar beter as Graaff-Reinet in die Karoo, die Rupertfamilie se plek van herkoms, ’n dorp en omgewing ryk aan kultuur, erfenis en pragtige natuurskoon met soveel om te bied.
Ons verantwoordelikheid berus dus nie net op ons natuur nie, maar op ’n holistiese herlewingsboerdery-model wat op drie gelyke bene staan, naamlik ekologies, ekonomies en sosiaal, waarvan die drie totaal interafhanklik van…