Mense wat hou van kos met ’n behoorlike byt, gaan sukkel om te kies tussen die swetterjoel vuurwarm produkte wat die vrolike Kobus Meyer en sy vrou, Rinda, in hulle huis op Albertinia optower uit vars brandrissies: Chill Sauce Feast (die topverkoper), Fruity Chilli Sauce, Jalapeños in Vinaigrette, Mozambican Peri-Peri, Portuguese Feeling, Chilli Atchar, Chilli 911, Chilli Apricot Jam, Apricot Barbeque Sauce, Chilli Apricot Sauce, Crispy Chilli, Chilli Peach Chutney, Jalapeño Mint Sauce… Die Meyers kom oorspronklik van Witrivier, maar was moeg van alarms. Kobus vertel hy moes boonop weer leer loop nadat hy in 2021 Covid-19 opgedoen en twee en ’n half maande in die hospitaal beland het. Vir mense wat skrikkerig is vir brandbek, verkoop die Meyers droëvrugte en vrugtepoeiers asook die insekweerder en -doder InsectPro, wat veilig…