WES-KAAP Swartlandskou
MOORREESBURG
6-9 September
Die grootste landbouskou in die Wes-en Suid-Kaap word vanjaar die 89ste keer gehou en spog ouder gewoonte met die mooiste perde, beeste, skape, pluimvee en masjinerie wat besigtig kan word, plus ’n landbouseminaar, damesdag, skoudans en skoukoningin, stalletjies, vermaak, ’n wyntuin, restaurante en ’n bergfietsresies oor 10 km, 40 km of 60 km. ’n Groot deel van die arena word omskep in ’n speelplek en troetelplaas vir kinders.
Kaartjies Pryse wissel na gelang van die dag en/of spesifieke geleentheid by
ticketpros.co.za.
Kontak
swartlandskou.co.za
SwartlandSkou-Moorreesburg
info@swartlandskou.co.za
022 433 1607
Riebeekvallei-motorskou
RIEBEEK-KASTEEL
9 September
Verwonder jou aan klassieke, vintage, veteraan-en antieke motors, motorfietse en trekkers, maar ook die nuutste tegnologie van name soos Ford, Porsche en Bentley by die Riebeekvallei-Rotariër-klub se motorskou wat op die uitgestrekte terrein van…
