GAUTENG
Outdoor X-buitelewe-ekspo
HARTSFELD-PLAAS, WELVERDIEND, MIDVAAL
2-4 Junie
Suid-Afrika se grootste buitelewe-leefstyl-en-ontspanningsekspo spog met 450 top-uitstallers wat die jongste landbou-, jag-, watersport-, reis-, buitelewe-, 4x4-, kampeer-, sonkrag-, braai-en troeteldierprodukte wys.
Kaartjies R100 p.p. (R50 vir kinders o.13; R80 vir pensioentrekkers) by
ticketpros.co.za.
Kontak
outdoorx.co.za
info@outdoorx.co.za
Outdoor X
Biltong-en-boereworsfees
PRETORIASE BOTANIESE TUIN
3 & 4 Junie
Dié fees is só gewild dat dit vanjaar oor twee dae strek! Op die spyskaart is ’n verskeidenheid musiekvertonings en kompetisies – van Mej. Biltong tot Mnr. Boerewors – en ’n karnaval vir kinders.
Kaartjies R140 p.p. (R60 vir kinders o.12; R100 vir pensioentrekkers; gratis vir o.2’s) by
plankton.mobi
Kontak
Biltong en Boerewors Fees
082 046 6912
sales@promoto7.co.za
Velliefees
HEIDELBERG
28-30 Julie
’n Fees vir die landbouer, die kultuurvraat en Jan Alleman – só beskryf…
