Groot gevaar! Dís die situasie waarin arme Bianca (Simone Biscombe) haarself bevind. Sy is deur die wrede suster Graaff (Marion Holm) se seun, Dirk (Evan Hengst), ontvoer, en as suster Graaff haar sin kry, gaan sy óf ’n reuse-losprys van Bianca se familie kry, óf sy gaan Bianca se organe oes om haar pond vleis te kry.
VERWARREND
Suster Graaff het verlede jaar AB (Cedwyn Joel), Bianca se ma, Mymoena (Jill Levenberg), se man, sý onwettige nieroorplanting sonder sy medewete bemiddel. Toe AB daarvan uitvind, het hy sy halfbroer, Nazeem (Irvine van der Merwe), wat die oorplanting gereël het, en suster Graaff by die polisie verklap. Suster Graaff het al haar geloofwaardigheid verloor en neem nou wraak deur Bianca te ontvoer. “Bianca is verward wanneer sy besef wie agter haar…