DISENCHANTMENT
NETFLIX | 2018-NOU | ANIMASIE | SEISOEN 1-4 | KETTINGKYK VANAF WO. 9 FEB.
Die avonturier Queen Bean (stem van Abbi Jacobson), haar metgesel Elfo die elf (stem van Nat Faxon) en haar persoonlike demoon, Luci (stem van Eric Andre), is op ’n sending van 10 episodes om te herenig, wat hulle uit die dieptes van die Hel tot in die wolke gaan neem, soos Ogreland en Steamland, inrigtings vir geestesversteurdes en veel meer. Luister ook vir die stem van Noel Fielding, Richard Ayoade en Lucy Montgomery.
SEKS IN AFRIKAANS
SHOWMAX | 2022 | DOKKIE | SEISOEN 1 | KETTINGKYK VANAF MA. 14 FEB.
Die kliniese sielkundige Bradley R. Daniels en ses Afrikaners bespreek seks, met die bydraes van sekswerkers, eienaars van sekswinkels, ’n “unicorn”, maatruilers, dominatrises, ’n transvestiet,…
