Die Broer Toer
Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 21:00
“Dis ’n mengelmoes van reekse soos Top Gear, Voetspore, Long Way Down en die sepie 7de Laan,” skerts Wilbrie Fourie (35), ’n sakeontwikkelaar in die mynbedryf en die middelste Fourie-broer oor die nuwe leefstyl-en-avontuurprogram, Die Broer Toer.
Hy lag lekker terwyl sy ouer broer, Reynold (37) ’n predikant van Bellville, ernstiger byvoeg: “Dis familie-vriendelik. Dit gaan oor broederskap, daar is uitdagings, daar gaan gelag word en bo alles diep gesprekke tussen ons drie wees.”
Die jonger boetie en die bekende een onder hulle, Bennie (33), ’n filmmaker en akteur (Barry Wiese in die komediereeks G.I.L), knik om te wys hy stem saam met Reynold. “Die program kom al ’n lang pad.” Nes die lang pad wat die broers op motorfietse in…