Karen en Deon Derrico is superouers. Gedurende die eerste seisoen van Doubling Down With The Derricos (2020-nou) het Karen geboorte geskenk aan die drieling Dawsyn, De’Aren en Dyver. Hulle het aangesluit by die 11 ander Derrico-kinders – Darian (15), Derrick (10), die tweeling Dallas en Denver (9), die vyfling Deniko, Dariz, Deonee, Daiten en Daician (7) en die tweeling Diez en Dior (4, oorspronklik ’n drieling, maar die derde baba, Carter, is kort ná sy geboorte dood). Indien jy nie genoeg vingers het nie, dis altesame 14 kinders in seisoen 2, Woensdae om 21:00 op TLC (*135).
Die eiendomsagent Deon Derrico is die broodwinner en kok, terwyl Karen ’n heeltydse, nimmereindigende werk tuis het om al die kinders groot te maak, hulle tuis te onderrig en die huishouding met asembenemende…