9-1-1: Lone Star Seisoen 2 Woensdae M-Net (*101) 20:30 (begin 16 Junie)
Covid-19 het die wêreld op sy kop gekeer, en het dieselfde gedoen met die brandweer-, polisieen ambulansdepartement van die fiktiewe Company 126 in seisoen 2 van die aksiereeks 9-1-1: Lone Star (2020-nou). Dit word onthul die geliefde paramedici-kaptein Michelle Blake (Liv Tyler, Lady Isabella vanaf 2018 in die periodedramareeks Harlots, 2017-2019) het bedank om sielsiek haweloses by te staan, soos haar suster, Iris (Lyndsy Fonseca, Cara in die dramareeks Pitch, 2016), wie se geheimsinnige verdwyning die aansporing was vir Michelle se verhaal in seisoen 1.
Michelle is weg en sy word vervang deur die ewe vurige Tommy Vega (Gina Torres, Jessica in die regsdramareeks Suits, 2011-2019, en sy splinterreeks Pearson, 2019). “Ná 8 jaar as ’n tuisblyma word…