Toe Charmaine (Odelle de Wet, Delia in die sepie Binnelanders, 2005-now, sien ble. 24 en 25) vroeg in Mei opgedaag het, het die enkelma-kelnerin ’n blywende indruk op die wewenaar Willem (Dawid Minnaar, dr. Franz Basson in Binnelanders tot 2019) gemaak nadat sy koffie in sy skoot gestort het. “Dit was ’n ongeluk, maar daar was dadelik ’n vonk,” vertel Odelle, wat sê Charmaine is heeltemal die teenoorgestelde van haar gewone rolle, wat gewoonlik “sterk en venynig” is. “Dit was ’n vreemde ontmoeting, maar daar was ’n konneksie – jy kon dit op hul gesigte sien.” Iemand wat egter ongelukkig is, is Willem se dogter, Petra (Trix Vivier), wie se veragting vir Odelle duidelik was. “Daar was onmiddellike afkeer,” verduidelik Odelle, wie se karakter ’n sorgelose vrou is wat probeer…