Dis nie net nuwe uitreikings wat ons na die stroomplatforms laat storm nie. Hier is programme oor huise en die verkoop van huise!
• Family Firm: Hot Properties seisoen 1, realiteitsreeks oor ’n gesin wat luukse-eiendomme verkoop, 2021, Netflix.
• Home seisoen 1, dokkiereeks oor buitengewone huise en eiendomme, 2020, Apple TV+.
• Love & Marriage: Huntsville seisoen 1, realiteitsreeks oor drie supersterpaartjies en hul eiendomsagentskap, 2019, Showmax.
• Selling Sunset seisoen 1-3, realiteitsreek oor ’n luukse-eiendomsagentskap in LA, 2020-nou, Netflix.
• Million Dollar Beach House seisoen 1, realiteitsreeks wat in The Hamptons afspeel, 2020, Netflix.
• Tiny House Nation seisoen 5, realiteitsreeks oor voorbereiding om in piepklein huisies te woon, 2019, Netflix.…