Die Byl Seisoen 3 Dinsdae kykNET (*144) 20:00
As jy ’n aanhanger van die misdaadreeks Die Byl (2016-nou) is, kan jy waarskynlik nou nog die angswekkende gille hoor van kapt. Juan Stuurman (Marvin-Lee Beukes, Alvin in die rilreeks Die Spreeus 2019-nou) soos hy in die laaste episode van seisoen 2 deur die reeksmoordenaar Smiley (Deon Lotz, James in die telenovelle Die Sentrum, 2021-nou) gemartel is. Die man het onmenslike pyn verduur en was op die rand van die dood toe hy deur sy baas en rolmodel, kol. Piet van der Bijl (Waldemar Schultz, Kobus in seisoen 1 en 2 van die dramareeks Fynskrif, 2018-2020), of Byl, soos sy kollegas hom noem, gered is. En in seisoen 3, wat tans op kykNET uitgesaai word, teister die demone van daai gruwelike dag…