Wanneer dit by romantiese gebare kom, weet Fikani (Nicholas Nkuna) hoe om sy verloofde, Alexa (Carina Nel), te bekoor. Maar sy verrassingsete in die T&T-winkel, waarvan Fikani die eienaar is, loop lelik skeef. “Hulle wals en stamp per ongeluk ’n kers om wanneer Alexa se pa, Chris (David Rees), hulle verras,” sê Carina. “Die brand versprei vinnig deur die winkel en wanneer Chris vir brandblussers skree, sê Fikani dis te laat (om die vuur te blus), en hulle moet sorg dat hulle uitkom.” Maar dis net die begin van die tragedie.
CHRIS, DIE REDDER
“Chris was by T&T om sy bloeddrukmedikasie by Alexa, ’n dokter, te kom haal,” sê David, en voeg by Chris gaan weer by die winkel in (nadat hy ’n vrou in die kassiekopie op die TV…