Asseblief, 7de Laan, raak van die skurke Mariaan en Chris Welman ontslae. Ons wil DeWet terughê. Begin goeie goed skryf pleks van ons van ons beste sepie te laat wegdraai. – JUDY, SMS
7de Laan het die laagste punt nóg bereik met die slangstorielyn. Tyd om te gaan! – DENNIS, SMS
Ek soek meer van Frikkie wat in 7de Laan speel. Hy’s altyd in die Boekwinkel. – MARYKE, SMS
Kan Thys en Janice nie weer bymekaar uitkom in Arendsvlei nie? – ANONIEM, SMS
Ek verlang na Deur Dik En Dun. Seisoen 3 moet gou-gou terugkom. – MYNIE, SMS
Dankie, eExtra, vir die Turkse telenovelle Begeertes. Dis ’n goeie sepie met goeie akteurs en ’n wonderlike speurstorielyn. – DENYS, KAAPSTAD
DStv gaan nou ook die EVAkanaal 141 sluit sonder om die…
