Die skok wanneer Felicity (Mary-Anne Barlow) se tienerseun, Charlie (AJ Cullinan, Tyler in die tienerdrama The Girl From St Agnes, 2019-nou), vroeg Februarie terugkeer, is nie die enigste verrassing vir die Price-ystervrou nie: Die pa van haar kind, James (Robert Hobbs, Gary Clayton in The Girl From St Agnes), was kort op sy hakke en het ’n bietjie later in die maand opgedaag. “James het Charlie na sy familie teruggebring, maar sy aansporing is om te kry wat hy voel hom toekom,” verduidelik Robert. “Hy is deur Felicity en haar pa, Sebastian (Deon Lotz), uitgeskop toe Charlie nog ’n baba was. Hy soek wat van hom weggeneem is, en hy gaan nie ophou voor hy sy prys gekry het nie,” voeg die akteur by.
’N PLEK IN DIE KLIEK
Hoewel…