Afgrond is nie die eerste reeks uit Roberta se pen waarin vroue sentraal staan nie.
“Die dramareeks Home Affairs (2005-2009) waarvan ons verskeie seisoene vir SABC1 vervaardig het, het verskeie talentvolle aktrises gehad, soos Brenda Ngxoli (Nomonde in die dramareeks iThemba, 2019-nou), Therese Benade (Glenda in 2020 in Suidooster, 2015-nou), en Hélène Truter (Meisie van Rensburg in Swart-water, 2014-nou),” vertel Roberta.
“Die reeks is vier keer vir internasionale Emmy-toekennings benoem, twee keer vir die betrokke aktrises en twee keer vir die reeks. Met Home Affairs is ons die geleentheid gegun om, soos met Afgrond, te wys hoewel ons elkeen ons eie paadjie stap, beïnvloed ons altyd mekaar se lewens.”…
