Dis nooit vervelig by die Welmans nie. Dink maar aan enigiets, hulle het dit al gedoen – van moord tot ontrouheid, tot twyfelagtige saketransaksies en erger. “Dit voel asof dit nooit ophou nie,” sê Deirdre Wolhuter laggend, wat Mariaan Welman speel. Begin Januarie het Kotie (Marian Hooman, Sandra van de Merwe in die sci-fi-fliek District 9, 2009) opgedaag, en beweer Mariaan het haar seun, Kareltjie (nie op die skerm nie), meer as 20 jaar gelede as ’n baba gesteel en Mariaan se seun, Rickus (André Lötter), is Kareltjie. “Daar steek geen waarheid in Kotie se bewerings nie,” sê Deirdre, wie se karakter vir ’n rukkie deur Kotie gevange gehou is. Mariaan se man, Chris (David Rees), het haar beledig toe hy in dieselfde week vir ’n DNS-toets gevra het. “Sy…