Die klappe het uiteindelik van Hein (Merlin Balie) se oë afgeval en hy sien Natalie (Carmen Maarman), die ma van sy kind, Anton (Dean Richard Olivier), nou vir wie sy werklik is: uiters selfsugtig en gemeen! “Natalie het weer die pad gevat,” sê Merlin, en nou is Candice (Nancia Dorland), Natalie se stiefdogter, wat Natalie in die Kaap agterlaat, Hein se probleem.
Dis ’n bitter pil om te sluk, veral omdat almal in Arendsvlei, insluitend Anton, hom teen Natalie gewaarsku het. Maar nou sit Hein met die gebakte pere, en as hy werklik wil aanbeweeg, gaan Hein ’n manier moet vind om homself te vergewe.
’N GROOT GRAP
Natalie het in Oktober uit die bloute haar verskyning in Arendsvlei gemaak, en onder valse voorwendsels by Anton se bakkery begin werk.…
