Simon (David Louw) en Lulu (Ansu Visser) se verhouding raak al hoe ernstiger en hulle meen dis tyd vir Simon en sy ma, Yvonne (Karin Retief), om Lulu se ouers, Charlie (Jürgen Hell-berg, Kitte Muller, 2005-2008, in Binnelanders, 2005-nou) en Maggie (Gretha Brazelle, Ingrid Viljoen in die fliek Vrou Soek Boer, 2014), te ontmoet. Maar, o wee, die neusoptrekkerige Yvonne se wenkbroue lig behoorlik wanneer Lulu se hippie-ouers opdaag!
HARTSMENSE
Ansu sê Lulu was ’n bietjie gestres oor die ontmoeting omdat sy gehoor het Yvonne is so snobisties en inmengerig. “Lulu dink egter nie haar ouers is so weird nie. Hulle is goedhartig en sy het ’n goeie verhouding met hulle,” sê Ansu. “Maar Simon en sy ma se goedkeuring is wel belangrik vir haar omdat sy so lief is vir…