This Is Us Seisoen 1 Weekdae SABC3 18:30 (begin 6 Julie)
Die naam Jack Pearson (Milo Ventimiglia, Peter Petrelli in die scifi-reeks Heroes, 2006-2010) van die gesinsreeks This Is Us (2016-nou) is sinoniem met twee titels: Ongelooflike wederhelf en die beste pa in die wêreld. Wanneer hy hom nie afsloof vir sy vrou, Rebecca (Mandy Moore, Mary in 2010 in die mediese drama Grey’s Anatomy, 2005-nou), nie, lewer hy opbouende praatjies aan sy kinders, alias The Big Three, in die verskillende stadiums van hul lewe. Daar is Kate (Chrissy Metz, Ima Wiggles in die grureeks American Horror Story, 2011-nou), Randall (Sterling K. Brown, Reggie in die komedie The Marvellous Mrs Maisel, 2017-nou), en Kevin (Justin Hartley, Scott in die drama Mistresses, 2013-2016), wat altyd hul pa se teenwoordigheid aanvoel deur…