Flesh And Blood
Seisoen 1 Maandae ITV Choice (*123) 20:00 (begin 13 April)
’n Mens se hart is ’n gevaarlike ding. Dit kan jou geluk bring, maar dit kan oor die oorsprong van groot hartseer wees. Dis dié tweeledigheid wat die minireeks Flesh And Blood ondersoek. Die 70-jarige weduwee Vivien (Francesca Annis, Lady Ingram in die minireeks Jane Eyre, 2006) skok haar drie volwasse kinders – Helen (Claudie Blakley, Agatha Redmond in seisoen 2, 2016, van Grantchester, 2014-nou), Jake (Russell Tovey, Harry Doyle in die FBI-aksieprogram Quantico, 2016-2018) en Natalie (Lydia Leonard, Mariana in die periodedrama Gentleman Jack, 2019-nou) – wanneer sy aankondig sy gaan weer met ’n man uit.
Sy het Mark (Stephen Rea, Prince Vassily Kuragin in die minireeks War & Peace, 2016) 18 maande ná die dood…