H Weekdae SABC1 (*191) 08:00/SABC3 (*193) 11:00
O Sondae SABC3 09:30
VERLEDE KEER
Marius het Lalage, met wie hy voorheen ’n kort verhouding gehad het, op Valentynsdag na sy hotelkamer genooi, Sibiya het sy ontmoeting met Cebisa gekanselleer toe sy vrou, Patience, onverwags by The Deep opdaag, en Mayekiso het geboet omdat hy Lincoln verraai het.
26 – 28 FEBRUARIE
Sibiya is sprakeloos wanneer sy vrou, Patience, en sy minnares, Cebisa, mekaar ontmoet, en twee geswore vyande maak oorlog in Horizon Deep. Marius en Lalage bewys die vonk in hul romanse is steeds daar, en Lincoln wil Mayekiso vernietig. Patience is bekommerd oor haar huwelik ná ’n slegte droom, en Marius en Lalage kan nie hul gevoelens vir hul familie en vriende verberg nie. Sibiya se ontrouheid bedreig sy lewe…
