FEBRUARIE
Ingrid praat At moed in, Susanna bespreek haar onsekerhede met Ilse, en Elana vertel slegte nuus aan Ingrid. Conrad haal sy frustrasies op Annelize en Tertius uit.
Naomi kry ’n lekker verjaardagverrassing, en Tertius moet ’n moeilike keuse maak wanneer Annelize haar teorie met hom bespreek. Louis is vasberade om Naomi se verjaardag die beste nóg te maak, Tertius waarsku Rian oor Annelize, en Hugo red oom Wimpie se Valentynsdag.
Tertius besef wat Annelize se agenda is, Chanel is bekommerd oor haar suster, Xenia, se vordering, en Conrad en Rian het ’n uitval. Danny en sy ma, Vida (Vinette Ebrahim), speel oop kaarte met mekaar, Quinton kom vir die eerste keer agter wat werklik met sy ma aan die gang is, en Vida ontsenu Chanel.
Quinton geniet sy magsposisie,…