H Weekdae e.tv (*194) 11:30
VERLEDE KEER
Mzi het sy meisie, Renei, gekeer om ’n aborsie te ondergaan, Lefa het sy tuisgemaakte bom verkoop, en David het uit Khulekani se moordkake ontsnap.
15 – 17 JANUARIE
Renei is nie seker of sy Mzi die jawoord moet gee nie, want hy is steeds verlief op sy eks, Pearl, en ’n bom ontplof in Suffocate se nagklub, Kilowatt. David raak ál dieper in die moeilikheid, en Suffocate span saam met Khulekani om David te vermoor. Renei is op pad uit, maar wil ook ’n gesin met Mzi begin.
20 – 24 JANUARIE
Renei se familie stel die lobola-onderhandelings uit, en David se dogter, Pearl, is vasgevang in sy oorlog met Suffo en Khulekani. Sindiswa help die Kilowatt-personeel om hul klante te behou,…