Thathe se hoofman, Azwindini (Gabriel Temudzani), se oudste kind, Mulondo (Ndamulelo Mbuwe), is in Januarie per ongeluk vermoor. Tshamano (Nat Ramabulana) het gehoor Azwindini slaap by sy broer Tenda (ook gespeel deur Nat) se vrou, Livhu (Anzani Tshivhase). Toe Tshamano uit die tronk vrygelaat word, het hy gedink hy wil Tenda help deur die hoofman te vermoor, maar skiet toe in middel Januarie per ongeluk sy seun, Mulondo, in plaas van Azwindini.
HUWELIK VERBROKKEL
Die sakeman James (Dingaan Mokebe) en sy opvlieënde vrou, Moliehi (Vatiswa Ndara), se huwelik het teen Februarie gedreig om te verbrokkel. “Hul huwelik in 2018 was ’n sakebesluit,” sê Dingaan. Toe James vroeg Maart met Moliehi se persoonlike assistent, Marang (Sharon Seno), begin uitgaan het, het Moli se wraakplan begin. By James en Marang se verlowingspartytjie…