Qhabanga (Siyabonga Shibe) se geloof is in 2019 tot die uiterste beproef. Maar hoop begin in Desember deurskemer. Die pastoor het nie net sy geliefde vrou, Gabisile (Baby Cele), weer aan sy sy nie, in die laaste week van November het hy ook na sy kerk teruggekeer, nugter en gesond, én hy het sy verlore seun, Khehla (Thobani Nzuza), gevind.
In Qhabanga se oë is om dié seun te hê ware liefde. “Qhabanga is desperaat op soek na liefde. Hy het nog nooit voorheen êrens behoort nie – selfs toe hy saam met Nkunzi (Masoja Msiza) en hul suster, Badumile (Nomonde Mbusi), grootgeword het. Hy gebruik selfs sy ma se van, Khumalo, en nie Mhlongo, sy pa se van, nie. Toe hy vir die eerste keer sy seun gesien het,…