H Weekdae e.tv (*194) 11:30
VERLEDE KEER
Reneilwe het gevoelens vir haar nuwe vervaardiger, Mark, Lefa is uit die skool geskors oor sy gedrag, en Banele was weer dakloos.
23 – 25 OKTOBER
Kea sien deur Mapula se bedrog, en Mark is huiwerig om sy verlowing aan sy kollega Reneilwe bekend te maak. Lefa wil met sy onderwyser uitgaan, en Renei vertel die media van haar en Mark. Gift dwing Mapula om oor hul verhouding te lieg, en Fats word in ’n verdagte posisie betrap. Mapula sukkel om haar kêrel, Banele, en haar skelmpie, Gift, vir mekaar geheim te hou, en Mark trek teësinnig by sy verloofde, Renei, in.
28 OKT. – 1 NOV.
Mapula voel Gift keer haar in ’n hoek vas, en dis vir Mark ’n nagmerrie om…
