Almal by die Binneland-kliniek treur oor die dood van hul geliefde vriendin tannie Breggie (Julie Strijdom) wat onlangs weens komplikasies ná ’n tweede beroerte breindood verklaar is. Haar beste vriend, oom Wimpie (Paul Lückhoff), wat saam met haar in die ouetehuis Eikenhof gebly het, mis haar vreeslik al wil hy dit nie vir almal wys nie. Om haar te eer, besluit hy om haar kat, Simon, te versorg, maar Breggie se katkind het nie juis ooghare vir Wimpie nie.
STEEDS ’N SKOK
“Weens Wimpie se bejaardheid verwag hy die dood om elke hoek, maar sy beste vriendin, Breggie s’n, is steeds vir hom ’n skok,” sê Paul. “Hy dink deur Simon te versorg kan hy nog naby aan haar wees, maar die kat krap hom vreeslik en boonop ontwikkel Wimpie…