Ons is nog net halfpad deur Julie en Rickus (André Lötter) en Thomas (Vian Singleton) is reeds deur ’n baie moeilike tyd. Rickus is begin vandeesmaand halflyf verlam toe hy omgery is, en die skuldige het weggejaag. Thomas het nie soos Rickus, wat in ’n rolstoel sit, fisiek gely nie, maar die tiener se gewete het aan hom geknaag, want hy was agter die stuur!
“Rickus het net vaagweg ’n idee ’n kar het hom gestamp, maar onthou nie alles nie. Ook nie die tipe besering wat hy opgedoen het nie,” verduidelik André, wat nou as Rickus gewoond begin raak aan sy verlamde bene.
Rickus kon sy lewe lank nog loop, en dit het ook ’n invloed op hom, voeg André by. “Wanneer hy dus besef hy het nie gevoel…