Blood & Treasure
Seisoen 1 Saterdae M-Net (*101) 20:00 (begin 6 Julie)
As jy ’n aanhanger is van avontuurfliek-franchises soos Indiana Jones (1981-nou) en The Mummy (1999-2008), is Blood & Treasure (2019-nou) so reg in jou kraal. “Dit is ’n plofbare aksie-avontuur, net wat jy in ’n skattejagreeks soek,” sê Stephen Scaia, mede- uitvoerende vervaardiger van die reeks. “Daar is terugflitse na Nazi’s, goudstawe en seerowers!”
Die storie handel oor die gewese FBI-agent Danny McNamara (Matt Barr, Nick van 2014 tot 2015 in Sleepy Hollow, 2013-2017), wat nou sy lyf prokureur hou. Hy en sy nuwe maat, die Egiptiese boorling en kunsdief Lexi Vaziri (Sofia Pernas, Catalina in 2016 en 2017 in Jane The Virgin, 2014-nou), is op die spoor van die terroris Karim Farouk (Oded Fehr, Ardeth Bay in…