GELOOF, HOOP EN LIEFDE
deur RICK MARAIS
In Geloof, Hoop en Liefde deel Rick Marais, 'n bekroonde joernalis, verhale van Suid-Afrikaners wat geteken is deur geloof, hoop en liefde, oor 'n ma se verlange, tradisies soos koesisters, mense uit die Oos-Vrystaat soos ou Slangvanger en oom Bokkie, en oor Bolandse rugbylegendes. Hy raak ook aan temas soos Apartheid, die droogte in Laingsburg, en stories van bekende figure soos Oscar Pistorius. Marais wys hoe geloof, hoop en liefde in elke verhaal sigbaar bly. (NALEDI)
KAKE IT TILL YOU MAKE IT
deur ANMAR WILDING
Anmar deel al haar geheime – van hoe om koeke met houtstokkies opmekaar te sit, die regte vulsel en die perfekte versiersel te kies en die nuutste tegnieke onder die knie te kry en dan af te rond…
