Annandale, die oudste wynplaas in die Helderbergvallei, waar van Suid-Afrika se beste en duurste rooiwyne gemaak word, is sedert 1996 die tuiste van Hempies du Toit, oud-Springbok en vyfde generasie wynmaker, en sy familie.
Hier maak hulle rooiwyn volgens dieselfde beproefde, outydse metodes wat Hempies nog al die jare gebruik, ook in sy veelbekroonde loopbaan as wynmaker by Alto.
Hempies se dogter, Louanne, en haar man, Willem Briedenhann, het Familiér Farm Grocer letterlik van hul kombuistafel af begin. Die behoefte het ontstaan omdat hulle hul kinders op net die beste, goeie en skoon kos wou grootmaak.
Hulle het begin navorsing doen oor plaaslike boere en verskaffers met wie hulle wou hande vat. Nie lank nie of vriende wou ook weet waar hulle beter en gesonder kos kon bestel, en só…