Dipladenia ‘Diamantina’ is ‘n reeks wat meestal laag groei en ’n bossie vorm, maar is ook te kry in klein en groter klimplante. Almal blom vrylik, met die geliefde trompetvormige blomme in ‘n wye verskeidenheid kleure, van skakerings van rooi, pienk, rooskleurig, wit of geel. ‘Diamantina’ is nuttig vir blombeddings, plantbakke, houers op balkonne en hangmandjies, en as klimplante om teen ‘n traliewerk of muur op te rank.
Om te kweek
• Plante aard die beste met baie oggendson en ‘n bietjie middagskadu. • Moenie teen ‘n warm westemuur plant nie. • Kweek in vrugbare, goed dreinerende grond. • Maak dit nat wanneer die bogrond droog voel, alhoewel potte meer gereeld water benodig. • Bemes maandeliks in die somer en snoei slordige ou groei in die lente uit. Wat maak…