KORTLIKS
Waar: Pniel, Wes-Kaap
Grootte: 2,5 hektaar
Klimaat: Lang, nat winters dikwels met kwaai storms, warm somerdae en koel nagte. Die berge beskut die eiendom in die somer teen die suidoostewind.
Grond: Vrugbare, donker en swaar leemgrond.
Styl: ʼn Eklektiese mengsel van formele tuine, natuurlike grasveld en graslande, ʼn snyblomplaas en vrugteboorde.
Eienaars: Chris Willemse en Dané Erwee
Die storie van Johannesdal het in 2012 begin toe twee idealiste, Chris Willemse en Dané Erwee, ʼn reis aangepak het wat hierdie landskap sou omskep in ʼn toevlugsoord van prag. Die twee, albei meesterbloemiste en vurige tuiniers, deel ʼn diep passie vir ontwerp, en hul skeppende aanraking strek van die tuin tot in die huis. As stigtersdirekteure van die invloedryke bloemistewinkel, Okasie, op Stellenbosch het hul estetiese gevoelens ʼn onuitwisbare merk op…