Met so ʼn groot keuse wat vir kweek in die somer beskikbaar is, kweek liewer net dit wat jy graag wil eet. Vandeesmaand kan jy kies uit die saai of plant van aarbeie, basiliekruid, bone, brandrissies, dille, eiervrugte, grasuie, komkommers, ment, mielies, okra, origanum, pampoen, seldery, skorsies, soetrissies, sonneblomme, spanspek, tamaties, vingerskorsies en waatlemoen.
Maak groente en kruie soggens vroeg by hul wortels nat om swamsiekte soos poeieragtige meeldou te help voorkom. Maak gevestigde plante twee maal per week en saailinge daagliks nat as dit nie reën nie.
Plant hierdie maand aartappelmoere om in April te oes.
Van die baie groei in die tuin is die grond se voedingstowwe uitgeput. Gooi ʼn deklaag kompos oor en maak al jou plante goed nat met ʼn vloeibare plantvoedsel, wurmtee of seewiervoedsel.
ʼn…
