Dinge om hierdie maand in die eetbare tuin te doen
Saai of plant die toptiengroente wat goed vaar in die lente – groenbone, wortels, vingerskorsies, komkommers, eiervrugte, blaarslaai, aartappels, pampoen, tamaties en suikermielies.
Voed nuutgeplante of gesaaide groente en kruie tweeweekliks met ʼn vloeibare misstof.
Hou alle eetbares goed benat namate die temperatuur styg.
Hou dop vir slakke en naakslakke en gebruik troeteldiervriendelike lokaas om hulle te vang, of vang hulle snags met ʼn flits en versuip hulle in ʼn emmer seepwater.
Lentesnoei vrugtebome en verwyder alle dooie of beskadigde takke om te keer dat siektes versprei. Maak seker die boom het oral genoeg lig sodat al die vrugte wat set genoeg sonlig kry.
Beskut klein saailinge teen die strawwe son tot hulle ʼn sterk wortelstelsel het en groot genoeg…
