Die voorreg om tuine oral in ons mooi land te kan besoek, is altyd voorop in ons gedagtes. Hoe geseënd is ons werklik om ingenooi te word in iemand se persoonlike paradys – ʼn plek van skeppendheid, genesing en soms selfs eksperimentering. Dis baie gevra van ʼn vreemdeling! Baie kere voel jy, die eienaar en ”Hooftuinier”, as ek jou so kan noem, angstig en ietwat geïntimideer deur ons besoek.
En dit laat my stres dat jy so voel! Al wat ek wil doen, is om te stap, te geniet en die pragruimte met die skepper en visionêr daarvan te deel. Baie kere na die ontmoeting en groet en ʼn grappie of twee is die ys gebreek en begin my gasheer of gasvrou ontspan en, bowenal, dit geniet om algaande hul…