Aan die einde van die maand kan jy bolle begin plant wat in die somer blom, soos gladiolus, varkore, dahlias, kannas, spinnekoplelies, George-lelies, soetamalings, galtonias, schizostylis, liatris, crocosmias, eucomis en stormlelies.
Met die warm maande wat voorlê, is dit nou ʼn goeie tyd om jou besproeiingstelsel vir foutiewe sproeiers of lekkende pype te laat nagaan. Ondersoek ook jou tuinslang vir lekkasies en gate, en maak seker dat kraankonneksies en sproeiers in ʼn goeie werkende toestand is.
Augustus is ʼn winderige maand in die meeste dele van Suid-Afrika, so moenie vergeet om die stutstokke van nuutgeplante bome en standaardplante soos rose na te gaan om te keer dat hulle omval of dat die wind hulle knak nie.…