As jy nie op sosiale media is nie – jy weet, Facebook, Pinterest, Insta… (ek is seker daar is meer, maar my kennis van hulle eindig hier) – dan het jy dalk die GROOTSTE nuus in onlangse Suid-Afrikaanse tuinbougeskiedenis misgeloop. Ons eie tuisgekweekte Agapanthus ‘Black Jack’ wat deur Andy de Wet en Quinton Bean geteel is, het die gesogte prys as plant van die jaar gewen wat beoordeel is deur die Royal Horticultural Society se kundiges by vanjaar se Chelsea-blommeskou in Londen.
Andy en Quinton van De Wet Breeders, by Hartbeespoort, teel al langer as 30 jaar bekoorlike plante. Die meeste van ons het een van hul plante in ons tuin – Aloe ‘Hedgehog’, Aloe ‘Peri-Peri’, Agapanthus ‘Twister’ en Agapanthus ‘Bingo Blue’ is net ʼn paar van die ongelooflike plante…