Hoe sal jou ideale tuin in jou perfekte wêreld lyk? ʼn Pragtig ontwerpte, uitgelegde, geskepte ruimte wat jou om elke hoekie lok, jou aantrek om dieper in elke gaatjie in te kyk; of is dit ʼn mal plek, ʼn plek van persoonlike bevrediging, herinneringe, versamelings klippe of klippies wat jy opgetel het, of ʼn stuk hout wat jy in jou tas gepak en wat duisende kilometer saam met jou gereis het om sy finale tuiste in jou tuin te vind? Ek sou reken dit kan vir my albei wees. Ek probeer ʼn bietjie orde in my tuin behou, maar ek het beslis mal plekke waar my persoonlike bevrediging tot uiting kom. My kol vir vetplante, anthuriums, sempervivums of wat ook al die nuutste gier is waarmee ek behep is, is…