Jy het nodig:
ʼn Houtskyf (Kyk op Facebook Marketplace en Gumtree, of vra ʼn houtkapper.)
10 gladde klippies (van ʼn tuinsentrum of rivier)
Houtseëlaar vir binne (Ons het Woodoc 5 gebruik.)
Rust-Oleum-spuitverf in rooi en geel (Dit bevat ʼn ingeboude grondverf.)
Swart akrielverf
Helder lakspuitverf
Gereedskap: Skuurder, liniaal, soldeerbout, verfkwas, dun kunsverfkwas, potlood
Stappe
1. Skuur die houtskyf glad af. Skuur die rand versigtig om die los bas te verwyder, maar moenie al die bas afskuur nie. Die skuurdery kan ʼn rukkie duur en baie saagmeel maak!2. Trek twee ewewydige strepe ewe ver uitmekaar, draai dan die skyf 90° en trek nog twee ewewydige strepe loodreg op die eerste twee. Jy het nou ʼn rooster met nege segmente.3. Maak die soldeerbout warm en brand al op die strepe langs om…