Daar word dikwels gesê hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. In baie opsigte geld dit – net soos vir die meeste dinge in die lewe – vir die basiese beginsels van tuinmaak en landskapontwerp. Met dit gesê, is dit ook waar dat waardes, style, innoverings, verkrygbaarheid en tendense die grense van einste hierdie grondbeginsels verskuif het en ongetwyfeld altyd daarmee sal aanhou.
Dus, terwyl lyn lyn en vorm vorm is en fokuspunte fokaal bly, verskaf die manier waarop ons met hulle werk saam met die opwindende nuwe plante, tuinprodukte en versierings wat vir ons beskikbaar is, voortdurend vir ons uitlaatkleppe vir vars idees en skeppende ontlading. Studente, entoesiastiese amateurs, veteraantuiniers en gesoute ontwerpers vind eweneens gerusstelling, ondersteuning en troos in die getoetste en beproefde dinge, maar ervaar…