Wat maak dit gewild: Groen bone is lekker, maar oorheers nooit ʼn gereg nie, wat beteken hulle pas by enige gereg in, van slaaie en soppe tot stadig gekookte geregte. Hulle is uiters veelsydig as groentebygereg, met heerlike souse gemeng of bloot met gesmelte botter bedruip. Hulle gaan onder meer goed saam met aartappels, tamaties, sampioene en rissies. Hoe jonger die boontjies is, hoe lekkerder is hulle.
Ook gesond: Hulle bevat min kalorieë maar baie vesel en is ryk aan vitamien C asook ander antioksidante, vitamien K, yster en kalsium. Deur hulle gereeld te eet, help jou om jou algehele gesondheid in stand te hou, waaronder ʼn gesonder spysverteringstelsel en sterk gesonde bene.
Saai en kweek
Bone groei die beste in volson. Plant hulle direk in vrugbare, goed gekomposteerde grond…