Hallo Tanya…
Watter plante is goeie skaduplante met hope kleur?
Probeer Mackaya bella, clivias, plectranthus, hypoestes, begonias, coleus en impatiëns.
Kan jy asseblief vir my ‘n paar idees gee oor watter saad die beste vir mikrogroente is. Hoewel ek af en toe in my lewe al groente geplant het, het ek en my man na ons aftrede dit saam begin doen. Ek het nie besef hoeveel daar te leer is nie!
Die mikrogroentegier het met koljander, basiliekruid, krulkool en roket begin, maar nou kan amper elke groentesoort en kruid so geëet word. Beproef radyse, ertjies, mosterd, fenegriek, lusern (alfalfa), broccoli, kweekgras, knoffel, uie, preie, dille, wortels, vinkel, kool, blomkool, blaarslaai, spanspek, skorsies, komkommers, amarant, quinoa, spinasie, mielies of hawer. Eintlik omtrent alles!
Wat is die beste manier om koljander te…