Artisjokke, aspersies, rabarber en aarbeie klink nogal gesofistikeerd, maar is nie buite bereik van die gewone tuinier nie. Wat hierdie gewasse onderskei, is dat hulle meerjariges is, en al is die lys nie lank nie, verleen hulle ʼn ander dimensie aan die groentetuin.
Dit sluit gewasse in waarvan herhaaldelik geoes word soos patats, brandrissies (in rypvrye of beskutte gebiede), krulkool in kouer gebiede en kombuiskruie soos peperwortel, suring, vinkel, grasuie, origanum, slaaiburnet, sitroengras, salie, tiemie en roosmaryn. Selfs aartappels kan op die lys wees omdat jy opeenvolgende dragte aartappels sal kan kweek sodra jy jou eie aartappelmoere het.
Voor-en nadele van meerjarige gewasse
Minder veeleisend: As meerjariges eers gevestig is, het hulle veel minder aandag as seisoensjaargroente nodig, maar net as hulle geplant is in diep voorbereide grond wat met…