Hoekom is grasse belangrik?
Daar is ʼn rede waarom 40% van die aarde se landmassa met grasvelde bedek is. Hierdie uitgestrekte gebiede van gewoonlik matige tot lae reenval is vol gras wat ʼn vrugbare plant-, insek- en wildlewewereld ondersteun, en die grond letterlik op sy plek hou. ʼn Wereld sonder grasvelde sou ʼn heel ander plek gewees het: ʼn stowwerige woestyn. Trouens, grasvelde word as een van die belangrikste biome op aarde beskou. Van die voordele is:
• Grasse verskaf kos aan die mens
Mense in die meeste lande, veral in laeinkomstelande, is afhanklik van grane as hul hoofvoedselbron. Hoewel diete verander, bestaan die daaglikse voedselinname in die wereld uit 45% graan, waaronder koring, rys, wilderys, mielies, hawer, gars, mannakoring, sorghum en rog, uit die moontlike 10 000 spesies met…