Vinnige feite
Ondernemingnaam: Madibri
Spesialiseer in: minstens 150 fynbosvariëteite waaronder Protea, Erica, Leucadendron, Leucospermum, Mimetes, Serruria en ander.
Kontakbesonderhede: 082 376 3912,
e-pos: madibri@gmail.com, www.madibri.co.za, Facebook: madibri
Van ʼn passie na ʼn onderneming
Toe Nico Thuynsma in 1997 net buite Cullinan in Gauteng snyblomme begin kweek, kon hy nie dink dat Madibri, soos dit bekend geraak het, tuiniers landswyd van ʼn groot verskeidenheid fynbosplante sou voorsien nie. Nico is besonder trots op sy unieke versameling erikas. “Ek oorweeg voortdurend wat ek kan byvoeg by wat ek aan die publiek bied deur my eie seleksies te maak en nuwe plantmateriaal te bekom,” sê Nico.
“Die kweekaktiwiteit by Madibri draai om ons inheemse plantryk en is trots Suid-Afrikaans, met die mense by Madibri wat die grootste bate is,” sê Nico. Madibri het…
