Verandering van spyse gee nuwe eetlus, volgens daardie holruggeryde gesegde, en op min plekke is verandering so duidelik te sien as in ons tuine. Daar word ook beweer dat verandering werklik die enigste konstante is, en inderdaad onvermydelik is.
Ons sien hoe die seisoene voortdurend in die tuin verander en, ten spyte van die onvermydelikheid van seisoensiklusse, is geen twee seisoene heeltemal dieselfde nie. Uit ʼn ontwerpoogpunt streef ons daarna om tuine te skep wat heeljaar mooi lyk daarom raak dit noodsaaklik om, ongeag die veranderende blommeagtergrond, fokuspunte met esteties onafhanklike waarde en, dalk treffender, plante te kies en in te sluit wat die veranderende seisoene inlui.
Ons tuine verander algaande namate bome en plante groei, volwasse word en ontwikkel terwyl die dae, maande en jare verbygaan.
Trouens, dit is…
