Hellebore het dit alles: Dis immergroen meerjarige plante, is maklik om te kweek, gehard en blom in die winter. Die groot variasie van blomme in asemrowende kleure sluit in spoggerige kartels, eksotiese spikkels, strepe, kolle en fyn beaarde kroonblare. Hellebore blomme kom voor in enkel, dubbel of anemoon vorm blomme, en die kleure wissel van spierwit, skakerings en tinte van pienk, geel, rooi en verruklike pruimpers, silwerswart en selfs appelgroen! Hellebores is geskik vir potte sowel as direk in die grond.
In Suid-Afrika blom die Hellebore-hibriede (orientalis) oorvloediglik vir sowat drie maande van Julie tot September. Hierdie meerjarige plante word dikwels as die “koningin van die winterblomme” bestempel en sal groot waarde en genot vir baie jare aan jou tuin toevoeg. Francois van Heerden 083 414 4305, Facebook: GROASISHouseofHellebores, www.groasishouseofhelleborus.com.…